Bloedbruide van Christus 2

ISBN: 9781776160594
SKU: BM0156 Categories: , Tag:

Bloedbruide van Christus 2 is ’n welkome en noodsaaklike opvolgskrywe ná die eerste boek met dieselfde titel.

Jaap Durand se boek is nie bloot beriggewende vertellings wat rapporteer oor die lyding van vroue eeue gelede nie. Die skrywer bly nie ongeraak, ’n afstandelike waarnemer nie. Hy skryf met ’n dringendheid, intense betrokkenheid en passie. Hier is ’n skrywer aan die woord wat diep geraak is deur die gebeure wat verhaal word, en die leser kan nie anders as om aan die hart gegryp te word nie.

Wanneer ’n mens hierdie verhale lees, hoor jy wat die teoloog Dorothee Sölle noem “die skreeu van die gemarteldes”. En dit verwys nie net na hoorbare uitroepe van pyn en lyding nie, maar ook na ’n roep wat oor die eeue heen kom – die roep na geregtigheid en liefde, die verlange dat Christus se navolgers waardige getuies sal bly en dat daar met deernis opgetree sal word teenoor hulle wat verskillend glo of dink.

Iets van dié roep word hoorbaar gemaak in Jaap Durand en Verena Schoeman se boek.

Information

R110,00

9 in stock

0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop