Bible Book Bumper Pack (Afr)
Die vyf Bybelboeke in die stel bestaan uit:
Die Skepping gaan oor hoe God die aarde in ses dae geskep en op die sewende dag gerus het, soos gevind in Genesis 1, 2 en 3. Verder wys dit dat God ‘n plan gehad het om ons van ons sonde te red deur Sy Seun, Jesus, te stuur (Die Geboorte van Jesus). Jesus het ons van ons sonde verlos deur Sy dood aan die kruis en opstanding uit die dood (Jesus Leef). Wanneer ons hierdie genade aanvaar, word ons van binne af verander deur die Heilige Gees wat in ons harte (Die Vrug van die Gees).
Die boek het inkleurblaaie, prentjies wat by die storie pas en ‘n knip-en-vou-aktiwiteit.
Die Geboorte van Jesus gaan oor die Bybelverhaal van Jesus se geboorte. Dit begin met die engel wat aan Maria verskyn, Josef se droom, Maria wat vir Elisabet – die moeder van Johannes die Doper – besoek, die reis na Betlehem, die Geboorte van Jesus in die stal, die herders en wyse manne se besoek en die profeet Simeon se groot vreugde toe hy die Messias sien. Ons lees van die vlug na Egipte weg van Koning Herodes, asook Josef, Maria en Jesus se terugkeer na Nasaret.
Die boek het inkleurblaaie, prentjies wat by die storie pas en ‘n knip-en-vou-aktiwiteit.
Jesus Leef gaan oor die laaste week van Jesus se bediening voor sy kruisiging. Dit begin met sy intog in Jerusalem op die rug van ‘n donkie, sy laaste verskyning in die tempel, die genesing van siekes, uitdagings van die hoëpriester en ouderlinge, sy salwing in Betanië, die laaste maaltyd saam met sy dissipels, toe hy gebid het in die tuin van Getsemane en hoe hy deur Judas verraai is. Dit gaan ook oor hoe hy gevange geneem is, voor Pilatus verskyn het, bespot is en ‘n doringkroon moes dra en op Golgotha gekruisig is tussen twee misdadigers, en waar hy sou sterf. Jesus is begrawe, sy graf is met ‘n groot klip verseël en daar was wagte om die graf op te pas. Maar op die derde dag het Jesus opgestaan uit die dood en verskyn aan Sy dissipels voor hy hemel toe gevaar het.
Die boek het inkleurblaaie, prentjies wat by die storie pas en ‘n knip-en-vou-aktiwiteit.
Die Vrug van die Gees gaan oor die nuwe lewe wat daar is vir die mense wat gekies het om Jesus te volg en nou gevul is met die Gees van God – die Heilige Gees. In Galasiërs 5:16-26 vertel die apostel Paulus dat ons ou lewe van sonde (werke van die vlees) nou verby is; mens wat met God se Gees vervul is, is nuwe mense – hulle lewe is nuut (gevul met die Vrug van die Gees). Die ou lewe word gekenmerk aan ons wêreldse gedrag (skinder, vloek, leuens, moord, steel, woede, onvriendelikheid, afgodery, vyandskap, towery, dronkenskap, jaloesie en ‘n pad na vernietiging), terwyl ons in die nuwe lewe die vrug van die Gees dra (liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing). Voorbeelde uit die Bybel en regte stories word gebruik om die vrug van die Gees te verduidelik.
Die boek het inkleurblaaie van die storie, woordsoektog en ‘n sny-en-speel-aktiwiteit.
Die Wapenrusting van God gaan oor hoe ons ons kan beskerm teen die bose dinge in die wêreld en die duiwel se aanslae, en om die goeie vrugte van ons nuwe lewens te beskerm. Die Here sê in sy Woord dat ons in die wêreld is, maar nie van die wêreld nie en daarom moet ons elke dag sy wapenrusting aantrek om ons te beskerm. Ons lees daarvan in Efesiërs 6:10-20. Hierdie wapenrustig is: die gordel van waarheid, die harnas van geregtigheid, die skoene van bereidheid om die evangelie van vrede te dring, die skild van geloof, die helm van verlossing en God se woord as swaard. Ons moet onthou om ons troepe (ons vriende) goed te kies, want ons het ondersteuning van mede-krygers nodig.
Die boek het inkleurblaaie van die storie, prentpassing, woordsoektog en ‘n sny-en-speel-aktiwiteit.
Die boeke is ook individueel beskikbaar.
Information
R126,00
56 in stock



