Bakengemeentes

ISBN: 9781067256012
SKU: BARA005 Categories: , Tag:

Take a look inside

Bakengemeentes: Nagedink oor Roeping en Getrouheid is gebaseer op oorspronklike navorsing binne die NG Kerk en bied insig in hoe gemeentes aanpas by veranderende omstandighede. Die werk sluit kwalitatiewe en kwantitatiewe empiriese data in, versamel deur die NG Kerk se Algemene Taakspan Navorsing, en staan in gesprek met die 2030-droomscenario wat na afloop van die Algemene Sinode van 2019 geformuleer is.

Met verhale van 26 gemeentes, sowel as insigte uit die Kerkspieël- en Predikantepaneel-vraelyste, bied hierdie boek ’n ryk bron vir nadenke oor temas soos roeping, missionale leierskap, armoede en welwese, pastorale uitdagings en sosiale innovasie.

Hoewel gefokus op die NG Kerk, sal die inhoud van waarde wees vir studente en belangstellendes uit verskillende denominasies en akademiese dissiplines. Hierdie publikasie het ’n streng anonieme eweknie-beoordeling ondergaan en bied ’n unieke blik op die uitdagings en geleenthede van kerkwees in die hedendaagse samelewing.
Hierdie boek is ontwikkel in samewerking met Clairvaux Skrywershuis en die Algemene Taakspan Navorsing van die NG Kerk.

Information

R147,50

1 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Lourens Bosman, Marelize Maritz, Mias van Jaarsveld (editors)
  • Dr Lourens Bosman was vir 28 jaar 'n gemeentepredikant en sedert 2018 die algemene bestuurder in die kantoor van die Algemene Sinode. Hy was deurgaans betrokke by breër kerklike werk, veral op die gebied van missionale transformasie en navorsing. In 2024 het hy gepensioeneer, maar nie afgetree nie. Hy dien tans as brugleraar in Zimbabwe en is steeds aktief betrokke by verskeie taakspanne en werkgroepe.
  • Dr Mias van Jaarsveld is die redakteur by CLF Uitgewers. Hy was voorheen leraar in Bethlehem en later by die Heuwelsig-gemeente in Bloemfontein. In 2022 het hy sy PhD in Praktiese Teologie aan die Vrije Universiteit Amsterdam verwerf. Vir sy doktorale navorsing het hy veldwerk in Zambië gedoen. Dieselfde etnografiese en narratiewe metodes is later gebruik in die verslag van die Algemene Taakspan Navorsing, wat aanleiding gegee het tot opvolgnavorsing en uiteindelik die ontstaan van hierdie boek.
  • Dr Marelize Maritz-Hamel is ‘n proponent-diensleraar wat haar doktorsgraad in Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het. Sy was werksaam by die Algemene Taakspan Navorsing en het ook as postdoktorale navorser aan die Universiteit van die Vrystaat gedien tydens die versameling van data en die redaksionele werk vir hierdie boek. Haar DTh het gefokus op leierskap—met spesifieke klem op die rol van die leraar—in gemeentes en gemeenskappe waar armoede 'n realiteit is. Dr Marelize woon tans in Groot-Brakrivier.

Pages

272

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 14.3

Weight

410g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop