Take a look inside
Die titel van hierdie boek — Ars Moriendi — want jy kan die lavatory en die cemetery nie dodge nie — sê alles oor sy kern. Ars Moriendi (“Die kuns van sterwe”) is ’n begrip uit die 15de eeu wat handel oor hoe om met vrede oud te word en die einde te aanvaar. Die subtitel spruit uit ’n ervaring na aan Clifford Heys se hart en herinner ons daaraan dat, maak nie saak hoe hard ons probeer nie, die lewe sy gang gaan — en ouderdom en die dood wag vir ons almal.
Met wysheid en deernis deel Heys sy ervarings uit dekades in die bediening en skryf oor temas wat dikwels vermy word: ouers wat kinders verloor, mense met terminale siektes, moeilike afskeide, twyfel, die belangrikheid daarvan om jou sake in orde te kry, en die vrede waarmee sommige hul eie sterflikheid omarm. Die boek bevat aangrypende verhale, maar ook ligter oomblikke waar die dood, ironies genoeg, nuwe insig en berusting bring.
Information
R280,00
12 in stock