Anderkant Twyfel

ISBN: 9781868045167
SKU: BAR024 Categories: , Tag:

Take a look inside

Johann Voges is bekend vir sy eerlike en onopgesmukte skryfwerk. Hy noem dit kreukelgedagtes – dis juis nie mooi glad gestryk nie. Daarmee trek hy die leser in sy eie worsteling (“onklaarkomstigheid”) in om antwoorde te vind op moeilike lewensvrae, vrae oor lyding en dood, oor God se skynbare afwesigheid en onsigbaarheid, oor twyfel en geloof, oor hoop en die lewe self. Hoe kom ons anderkant twyfel? Dat God en God se handelinge met ons in misterie gehul is en ons dit nie maklik met ons koppe ontrafel kry nie, is waar. Maar dit nooi ons juis ook uit om met verwondering die Groot Misterie binne te tree. En om dan sonder finale antwoorde tog te ervaar dat God ons in ons twyfel tegemoet kom en vashou, dat Hy nie net daar anderkant, ver verwyderd is nie, maar hier duskant, teenwoordig, naby ons, is. Johann se “skryfsels” is deurleef; dit verwoord worstelinge wat hy aan eie lyf ervaar het. Anderkant twyfel – kreukelgedagtes oor lewe en dood is bedoel vir die ontwrigtende tyd waarin ons tans leef

Information

R231,00

14 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Dr Johann Voges
Ek het aan die Universiteit van Pretoria studeer. Ek het eers na my MSc graad in Landbou met teologie begin en later terwyl ek in Lynnwood gemeente predikant was my DTh in praktiese teologie aan Unisa voltooi. Ek was vir 3 jaar voltyds predikant eers in Standerton moedergemeente en 30 jaar in Lynnwood gemeente. Ek was ook vir 18 jaar betrokke in sinodale werksaamhede in die Noordelike en Algemene sinode. Na my aftrede was ek vir 7 jaar deeltyds predikant in Sabie, Graskop en Chrissiesmeer gemeentes. Ek en Martie, wat al 46 jaar getroud is woon tans in Sedgefield waar ek kom ‘mors’aftree het. Ek het na my aftrede begin skrywe, waarvan ‘Miskien is daar hoop‘ die 4de boekie is wat gepubliseer word.

Pages

184

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 10,36

Weight

275g
0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop