Anderkant 65

ISBN: 9781037044946
SKU: BARV067 Categories: , Tag:

Die lewensfase anderkant vyf-en-sestig het statuur gekry. Mense word ouer, leef langer en bly langer gesond en aktief as ooit tevore. As die aftreejare eens ledige stoepsitjare was, is dit vandag beslis nie meer so nie. Hierdie boek gee erkenning aan die aftreeleeftyd as ‘n volwaardige deel van ons lewe met unieke geleenthede, uitdagings en genietinge. Dit lê klem daarop dat ons nie net moet aftree van ‘n loopbaan nie, maar doelgerig ook na ‘n nuwe lewensfase. Die vyftigtal aktuele onderwerpe kan waardevol wees vir mense van enige ouderdom, maar is spesifiek bedoel vir iemand wat op pad is na aftrede, pas afgetree het of hom of haar reeds iewers op die spektrum van die lewensfase anderkant vyf-en-sestig bevind. In dié lekkerlees boek is daar heelwat humor om te geniet, maar ook ernstiger dele wat dieper nadenke vra.

Information

Lees Christa Steyn-Bezuidenhout van Maroela Media se onderhoud met Thys Smith hier:
Die einde van ʼn loopbaan, van jou plek in ʼn sosiale groep of van ʼn vaste inkomste hoef nie soos die einde van jou menswaardigheid en lus vir die lewe te voel nie. https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jare-na-65-werklik-goud/

R230,00

6 in stock

0
    0
    Your Cart
    Your cart is emptyReturn to Shop