40 Dae na ‘n meer vrygewige lewe
Wat behoort my finansiële bydrae tot die werk van die Here te wees? Wat sê die Bybel hieroor?
In 40 Dae na ‘n meer vrygewige lewe lei Brian Kluth gelowiges om hierdie aspek van hulle geloofslewe te ondersoek. Deur 40 dagstukke, geselekteerde gedeeltes uit die Bybel, artikels en praktiese werkblaaie, help die skrywer gelowiges om hulle huishoudelike begroting so op te stel dat hulle ‘n meer vrygewige lewe tot voordeel van God en sy werk kan hê.
Die leser kry die geleentheid om die Bybel se siening en riglyne vir ‘n meer vrygewige lewe te ontdek. Talle getuienisse van gelowiges wat ruim bydra tot die werk van die Here word as voorbeelde van ‘n vrygewige lewe aangebied. Die skrywer wys ook op die manier waarop die Here gelowiges seën wat ‘n gereelde en getroue bydrae vir hulle kerk of gemeente gee.
40 Dae na ‘n meer vrygewige lewe sal ‘n verdieping in jou geestelike lewe bring en jou help om op God te vertrou om in jou behoeftes te voorsien.
Information
R30,00
2 in stock



