Klimaatsverandering

Die aarde se klimaat het met tyd gedurig verander. Klimaatsverandering, soos ons dit tans ervaar, is egter hoofsaaklik as gevolg van ontbossing van die groot reënwoude en die verbranding van fossielbrandstowwe. Albei lei tot gevaarlike vlakke van kweekhuisgasse. Meer as 75 persent van alle koolstofvrystelling kom tans van fossielbrandstowwe.

Volgens die United Nations Foundation is die vooruitsigte, tensy drastiese stappe geneem word, baie sleg: die gemiddelde temperatuur kan tot gevaarlike vlakke (0.2 tot 0.4 grade per dekade) styg. Hierdie styging in temperatuur veroorsaak dat die seevlak sal styg, ekstreme weerpatrone voorkom en die onomkeerbaarheid van die suurgehalte van die see wat ekosisteme sal vernietig. Die oorgrote meerderheid van mense – spesifiek die armes, vroue, bejaardes en kinders – in waterskaars gebiede sal nie oorleef nie. Die akademiese tydskrif Science rapporteer in 2012 dat die huidige koers van koolstofvrystelling en die impak daarvan op die see se suurgehalte ongeëwenaard is in die laaste 300 miljoen jaar van die Aarde se geskiedenis: “Raising the possibility that we are entering an unknown territory of marine ecosystem change.”
Tans is ongeveer 15% van die wêreld se energieproduksie op hernubare energie gebaseer Hierdie syfer kan aansienlik verbeter met toegewyde, doeltreffende politieke leierskap. Maatreëls wat byvoorbeeld in Brasilië geneem is, het energieverbruik sedert die 1970’s verminder, en die verbruik van nie-volhoubare energie met byna 50% vermeerder.

Die Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC) sê dat die verhoging in temperatuur reeds op die volgende maniere waargeneem word:

  • In die Arktiese en Antarktiese gebiede smelt van die ysberge;
  • Die seevlak wat styg het reeds gelei tot die verlies van vleilande by die kusgebiede;
  • In die landbou en bosbou in die noordelike halfrond kom lente-aanplanting en bosver-steurings vroeër voor as gevolg van vuur en peste;
  • In die landbou in sub-Sahara Afrika, waar vroue die primêre boere is, het warmer, droër toestande die groenseisoen verkort;
  • Op die gesondheid van die mens: aansienlike siektes en die gevolge van die allergiese stuifmeel is aan die toeneem.

Die Wêreldgesondheidorganisasie maak die gevolgtrekking dat die verandering van die klimaat reeds draby tot die opkoms en intensivering van aansteeklike siektes – siektes wat waarskynlik vinniger versprei in ontwikkelde lande as in onontwikkelde lande. Malaria versprei in bevolkte gebiede van Zimbabwe en die Afrika-Hooglande, wat tot onlangs nie risiko gebiede was nie (Verenigde Nasies Stigting en Sigma X, 2007). Tekens van malaria is reeds in Antarktika gevind.

Vandag woon 21% van die wêreld se bevolking binne 30 km van kuslyne. Die styging van seevlakke, wat een meter meer teen die einde van hierdie eeu kan bereik, kan laagliggende gebiede ingrypend beïnvloed. In die meeste kwesbare lande soos Bangladesj, kan dit tot die volledige verlies van vrugbare grond lei, massiewe migrasies van menslike bevolkings en hongersnood. Meer intense storms en vloede langs die kus en bergvalleie sal ’n verbysterende aantal vlugtelinge veroorsaak op soek na kos en skuiling.

Inheemse volke is veral kwesbaar vir die klimaat, veral in die kusgebiede waar die verhoging van die seevlak begin het. Veranderinge in ekosisteme sal ’n skadelike impak op elke dimensie van inheemse lewe hê.

Vier soewereine state – Tuvalu, die Republiek van die Marshall Eilande, die Republiek van die Maledive en Kiribati – is die tuiste van byna ’n half miljoen mense waarvan die bewoonde land heeltemal teen die einde van hierdie eeu oorvloei sal wees.

Wat kan die kerk doen?

  • Doen ’n energie-oudit van geboue en persele en begin om hernubare energie waar moontlik te gebruik;
  • Skakel elektriese ligte af wat onnodig brand, gebruik energiebesparende gloeilampe, ondersoek die moontlike gebruik van sonpanele;
  • Moedig die plant van inheemse bome en plante aan;
  • Maak watervriendelike tuine;
  • Moedig hersirkulering van plastiek, glas en papier aan, plaas houers op kerkterrein;
  • Soek na eko-vriendelike oplossings soos die installering van uilkaste om probleme met duiwe en rotte aan te spreek.

Bybelstudie – Klimaatsverandering en eko-geregtigheid

Die Bybel beskryf op baie plekke die skoonheid van die skepping. Die Bybel spreek hom ook uit oor ongeregtigheid en verdrukking, oor geskende verhoudings tussen mense en die grond wat hulle bewoon. In Jesaja lees ons oor die herstel van hierdie verhoudings, maar dit moet met selfverloëning, ’n soeke na geregtigheid en die afsweer van gierigheid gepaard gaan. Jesaja is baie relevant in moderne tye waar hebsug en die oorgebruik van bronne ’n geweldige impak op die aarde se klimaat het, met gevolglike ontbering en lyding in groot dele van die wêreld. Die tyd om verandering teweeg te bring is min.

Hierdie Bybelstudie is geskik vir individue of klein groepe.

Teks: Jesaja 32: 15 – 17
15So sal dit wees totdat die Gees van Bo af op ons uitgesorteer word. Dan word die woestyn ’n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir ’n bos aangesien word. 16Maar in woestyn en in vrugteboord sal reg geskied en reg gedoen word. 17Wie reg doen, sal vrede hê; wie volhard in regdoen, sal vir altyd rus en sekerheid geniet. 18My volk sal in rustige velde woon, in veilige wonings, op plekke waar daar rus is en geen sorge nie.

Jesaja 58:6
6Is die vas wat ek wil hê, nie dit nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek?

Bespreking:

  • Open met gebed. Lees die gedeeltes uit Jesaja twee keer en beantwoord die vrae wat volg.
  • Waaroor handel hierdie twee gedeeltes uit Jesaja? Vertel in jou woorde die essensie daarvan.
  • Wat is die gevolg as mense in harmonie met die Gees van God leef en met die grond wat hulle bewerk?
  • Wat gebeur wanneer regverdigheid en geregtigheid seëvier? Na watter soort geregtigheid word hier verwys?
  • Jesaja 58:6 praat van ’n ander soort “vas” of selfverloëning. Hoe kan gierigheid tot onregverdigheid en onderdrukking van andere lei?
  • Wat is God se visie vir die mensdom en sy skepping volgens hierdie gedeeltes uit Jesaja?

In moderne tye:

  • Hoe is hierdie gedeeltes uit Jesaja relevant in die tyd waarin ons leef?
  • Op watter manier het die mensdom die skepping en sy omgewing geskend?
  • Wat is die impak van bogenoemde op veral die armste gemeenskappe?
  • Jesaja 58:6 moedig mense aan om deur selfverloëning ’n einde te bring aan onregverdigheid en verdrukking. Wat behoort mense hulself te ontsê wat kan uitloop op sosiale geregtigheid en die versorging van God se skepping?
  • Wat is ons gebed? Wat kan individue en gemeenskappe in die praktyk doen om ’n verskil te maak?

Ander gedeeltes wat gelees kan word:
Genesis 1:1–2:15; Psalm 8:3–9; Romeine 8:19–23; Openbaring 22:1–3

Webtuistes wat besoek kan word:
www.oikoumene.org/en/programmes/justice-diakonia-and-responsibility-forcreation/eco-justice
www.ecocongregation.org

Share this post