Kies jy reg?

Elke dag maak ons verkeerde keuses – 

sonder dat ons eers daaroor dink!

Maar,  verkeerde keuses betaal nie…

Sonder om te dink staan jy soggens op, vat jou skooltas en stap skool toe. Jy kies of jy wil skool toe gaan of nie. Jy kies of jy jou huiswerk wil doen of nie.

Maar, elke keuse het ’n gevolg!

 

Die gevolg van jou keuse kan positief, lekker of goed vir jou wees. Dit kan ook negatief en tot jou nadeel en sleg vir jou wees. ’n Verkeerde keuse kan vir jou moeilikheid en straf bring. Gaan lees bietjie Spreuke 6:12 en 15.

As jy kies om op een dag al jou lugtyd te gebruik om jou maats te bel, is die plesier kort en vinnig verby.

Maar – jy kan kies om sms’e te stuur – dan kan jou lugtyd langer hou omdat jy minder geld met elke sms gebruik.

Kom ons kyk na 

VERKEERDE en REGTE keuses:

  • Vat stilletjies geld uit Ma se beursie.
  • Gaps af en toe lekkers by die kafee.
  • Bel op Ouma se foon sonder dat sy weet.
  • Vat ’n slukkie bier of drank wanneer niemand sien nie.
  • “Skip” skool om saam met tjommies rond te loop.
  • Klim skelm by die kamervenster uit.
  • “Run” vir die dwelmsmouse.

Lees in jou Bybel:

  • Spreuke 6:20 Kol. 3:5-10
  • Gebruik jou eie sakgeld.
  • Loop verby die lekkers in die kafee.
  • Bel net van jou eie foon af.
  • Vra jou ouers om jou op ’n verantwoordelike manier van drank te leer.
  • Gaan getrou skool toe.
  • Reël met jou ouers as jy uitgaan.
  • Bly weg van dwelmsmouse.

Lees in jou Bybel:

Kol. 3:12-15

Ons kan elke keer as ons moet kies, leer om te STOP, te DINK en dan te DOEN. (Ja, praat met jouself!)

Voor ek saam met my maats die CD-speler uit die winkel steel, moet ek STOP (en ’n paar vrae vir myself vra, soos wat doen ek nou?, is dit reg of verkeerd?), DINK oor moontlike gevolge (soos wat as ons gevang word? sal mense my weer vertrou?) en besluit dan wat ek DOEN.

Jy kan kies om saam met jou maats te steel, of om veilig te bly en slegte gevolge te vermy. (Kolossense 3:17 en 4:23)

Kinders kies soms verkeerd …

Soos Eben:

Eben het elke dag ’n  meisie by die skool voorgelê. Hy wou wys dat hy alles met haar sal kan doen – hy is mos ’n man! Hy het gedink niemand weet van sy bedoeling om haar eendag te kry nie. Die Tavern se verkoopsman het dié ding sien kom. ’n Polisieman het Eben voorgelê nadat hy die meisie “gerape” het. Hy is gevang en gevat na die plek waar kindermisdadigers aangehou en verhoor word. Eben is gestraf omdat hy verkeerd gekies het. (1 Thessalonisense 4:3-7)

En Eloïse:

Eloïse het ook agtergekom dat dit nie betaal om verkeerd te kies nie. Sy is goed “getip” deur ’n vrou wat haar gereeld gestuur het om ’n vuurhoutjieboksie met pille by die groentestal af te lewer. Sy het vermoed dat die pille waardevol moet wees as sy ’n banksakkie vol geld in ruil daarvoor moet terugneem. Wat ’n maklike manier van sakgeld verdien! Dit was egter nie die sakgeld werd toe sy alleen in die koue polisiesel sit en huil nie. Sy wil liewer by haar ma by die huis wees. (Spreuke 4:14-19, sien 15-17)

STOP en DINK voor jy DOEN! 

Watter gedagtes laat jou verkeerd kies? (merk X)

  • Ek wil alles hê wat op TV geadverteer word.
  • Geld en goed maak ’n mens gelukkig.
  • Party mense kry alles wat hulle wil hê, daarom vat ek wat ek kan kry.
  • Reëls is vir die voëls.
  • Landswette word gemaak om gebreek te word.
  • Ek kan maak wat ek wil – wie gee om?
  • Ek het lank genoeg swaargekry.
  • Ek sal hulle wys!
  • Ek laat my nie voorpraat nie.
  • Watter gedagtes laat jou reg kies? (merk x)
  • Ek is tevrede met alles wat ek het.
  • Ek is baie gelukkig hier binne-in my, omdat ek liefde by my gesin kry.
  • ’n Mens het nooit alles wat jy graag wil hê nie.
  • Reëls beskerm my teen seerkry en gee rigting in my lewe.
  • Landswette beskerm ons veiligheid.
  • Ek het ’n verantwoordelikheid om teenoor ander mense uit te leef.
  • Ek kan my swaarkry hanteer deur genade van Bo.
  • Ek hoef myself nie te bewys nie. Ek aanvaar myself.
  • Ek kan ondergeskik wees aan ander se gesag.

Hoe lyk jou hart ? 

’n VUIL hart dink en doen net verkeerde goed en is vol sonde –   Spreuke 4:23

’n SKOON hart beteken dat ek vergewe is deur Jesus nadat ek my foute (sonde) erken  – Spreuke 6:16-19

OM VERKEERD TE KIES BETAAL NIE,  dit bring moeilikheid …  vir my, my gesin en my woonbuurt!  

Deuteronomium 30:19:

“Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe.”

KIES REG! DINK voor jy DOEN!

Vra wat sou JESUS doen.  Wat sê jou BYBEL?

Luister na jou OUERS. Vermy slegte GEVOLGE!

Draai weg van MISDAAD.

As jy sukkel om die regte keuse te maak, soek hulp by ’n dominee of pastoor, maatskaplike werker, sielkundige of onderwyser in jou omgewing of skakel Kinderlyn by 0800 55555.

Share this post