Jy KAN gelukkig wees sonder drugs

“Het jy dalk al met drugs geëksperimenteer net om te weet hoe dit voel?” 

Wat daarvan as jy …

  • dink al die geprekery oor drugs is sommer oorbodig?
  • voel jy kan dit beheer?
  • baie hou van die gevoel wat drugs jou gee, en voel mense wat hieroor preek mis net uit op hoe lekker dit is?
  • glo jy kan drugs “vat” – jy raak tog nie so gou dronk/hoog/uit beheer soos ander mense nie?
  • iets wat jy moes doen, gelos het om eerder drugs te gebruik?
  • elke dag of naweek beplan hoe en waar jy drugs gaan gebruik?
  • nie dinge wil doen saam met vriende wat nie drugs gebruik nie?
  • soms nie kan onthou wat jy gedoen het terwyl jy drugs gebruik het nie?
  • nie sonder drugs van jou probleme kan vergeet nie?
  • jok oor hoe erg die situasie is? (Jy sê dalk jy het net ’n drankie gehad, terwyl jy jou dronk gedrink het aan ’n klomp drankies …)

… dan moet jy dalk weer dink, want drugs het miskien vir jou ’n probleem geword. 

 

Drugs mag voel soos ’n quick fix,  maar ’n skoon lewe is ’n REAL fix!

 

Jy KAN gelukkig wees deur reg te kies:

  • Kry vriende wat pret wil hê sonder drugs.
  • Neem deel aan sport- en jeugaktiwiteite.
  • Raak betrokke by ’n kerk- of christenorganisasie.
  • Dink aan maniere hoe jy ’n verskil kan maak in die lewe van één persoon in jou gemeenskap.
  • Vra en kry hulp as jy probleme het.

 

Volg die plan vir geluk!

Bly weg van risiko’s:

  • Vermy partytjies en plekke waar daar drugs is.
  • Maak ’n lysie van alles wat jy wil bereik en hoe drugs dit vir jou kan vernietig – dra die lysie by jou en kyk daarna as jy lus kry om drugs te gebruik.
  • Maak jou eie keuses – moenie dat vriende vir jou kies nie.
  • Net jy kan die keuse maak of jy met drugs gaan eksperimenteer of nie.

Cope so met jou lewe:

  • Hou jou lysie van wat jy wil bereik en hoekom jy néé sê vir drugs waar jy dit gereeld kan sien.
  • Kry iemand wat jou kan help om jou probleme te hanteer of op te los.
  • Práát wanneer jy hartseer/ontsteld/kwaad is.
  • Pasop vir wat ander vir jou sê oor wat cool is – besluit  vir jouself.
  • Wees versigtig waar EN met wie jy kuier.

Kies reg:

  • Neem deel aan sport en skool- of kerkaktiwiteite.
  • Spandeer tyd met mense wat vir jou omgee.
  • Besluit wat jy wil bereik in die lewe, werk daarvoor en geniet jou prestasies.
  • Kies jou vriende reg.
  • Kies elke dag geluk, bo ’n quick fix.

 

Wat jy moet weet oor drugs: 

  • Drugs kan in Uppers en Downers ingedeel
  • word en het ’n wipplank-effek. Dit laat jou goed
  • voel vir ’n rukkie, maar daarna maak dit
  • jou duiselig en naar …
  • Uppers (tik; dieetpille; cocaine; ecstasy)  – Dit gee jou vir
  • ’n kort rukkie ’n kick, waarna jy voel of jy in ’n put is – en dan kort jy weer
  • die upper om jou beter te laat voel …
  • Downers (alkohol; heroïen; mandrax; slaappille; pynpille) – Dit help
  • jou om  te chill as jy stres ervaar, maar daarna voel jy nog meer geïrriteerd en dan
  • moet jy dit weer gebruik om te kalmeer …

FEIT: Drugs laat nie jou probleme verdwyn nie en is NIE ’n oplossing nie. Dit lei net tot nóg probleme.

 

Ek sê NEE vir drugs want:

  • ek wil eendag ’n goeie werk hê en hou.
  • ek wil eendag ’n mooi huis en kar hê.
  • ek wil kan lag en pret hê, sonder om van iets afhanklik te wees om dit te kan doen.
  • ek wil ’n goeie sanger/sportman/kunstenaar wees.
  • ek wil trots wees op myself.
  • ek wil nie oor alles skuldig voel nie.
  • ek wil mooi lyk.
  • ek wil vriende hê wat daar is vir my om pret mee te hê, maar ook om my te help as ek sukkel.
  • ek wil welkom voel in my gesin en in my gemeenskap.

 

Dink hieroor na voor jy kies om drugs te gebruik:

  • Jou vriende is dalk net by jou omdat jy saam met hulle drugs gebruik. Hulle kan soos mis voor die son verdwyn as jy in die moeilikheid is.
  • As jy drugs gebruik, word jy as ’n loser gelabel.
  • Verslawing maak jou depressief en hartseer, en jy voel skuldig en moedeloos omdat jy nie kan ophou daarmee nie of jou beloftes verbreek.
  • Eers het die drugs jou gehelp om stres te hanteer, maar dan sukkel jy om te konsentreer en te onthou.
  • Jy presteer nie en jy vorder nie.
  • Jy boer agteruit.
  • Jou lyf is siek, uitgeteer en kry skade wat nooit weer weggaan nie.

 

My real fix plan:

Besluit hoe jy:

• jou vriende gaan kies.

• na jou lyf gaan kyk.

• gaan pret hê.

• jou probleme gaan hanteer.

 

Maak ’n hulplysie vir jouself:

SANCA: …………………………………………………

BADISA:……………………………………………

Ander organisasie of instansie in jou omgewing: …………………………………………….

Predikant: ……………………………………………..

Skoolonderwyser: ………………………………….

Kliniek: ……………………………………………….

Dokter: ………………………………………………..

Goeie vriend/vriendin: …………………………….

Kry hier hulp:

SANCA:  08614SANCA   (0861472622) 

Badisa: 021 957 7130

CAD: 083 951 5205

CMD (KZN): 031 464 0236

Engo (Vrystaat):  051 407 7222

CMR (Gauteng):  012 361 4613

Share this post