Here leer ons bid

God weet alles. Ons hemelse Vader wéét wat ons nodig het (Matteus 6:32). Waarom moet ons dan nog bid? Hoe behoort ons te bid? Hoeveel? Hoor God as ons bid? Verhoor Hy ooit ons gebede? Oor dié vrae word hier kortliks nagedink.

Wat is gebed?

God is nie maar net ’n onpersoonlike krag of wese, iewers ver daarbo nie. Hy is ’n lewende persoon, ons Vader, naby ons. Hy nooi ons uit om met Hom in ’n intiem, persoonlike verhouding te tree ons verwag, selfs teen ons wense in. Want Hy is ons hemelse Vader wat weet wat ons nodig het, wat beter as ons weet. En in dit wat Hy vir ons gee, hoe swaar dit soms ook is, sal Hy by ons wees, sal sy genade en sy krag vir ons genoeg wees. Dit bly egter belangrik om in die gebed te bly vra, aan te hou vra, totdat ons God se antwoord hoor.

Wanneer ons bid, moet ons ook luister, fyn luister. Ons moet stil word en tyd maak vir luister. Wanneer ons dan hoor wat God antwoord, kan ons dit aanvaar met die wete: Hy wat ons liefhet sal alles – selfs die slegte – vir ons ten goede laat afloop (Romeine 8:28). Daarom nooi God ons uit om te vra, met groot verwagting te bly vra. Want al gee Hy nie presies wat ons vra nie, maar wat Hy weet die beste is, help God ons om in die proses van worstelende gebed tot ruste te kom in die antwoord wat Hy uiteindelik gee.

Bid ons genoeg?

Natuurlik bid ons nie genoeg nie. Selfs in ons kerke maak ons nie genoeg van gebed nie. Dis hoekom dit dikwels nie goed gaan met ons eie geestelike lewe en die lewe in ons kerke nie. Wat nodig is, is groter dissipline in ons gebedslewe. Ons moet plek en tyd maak vir gebed, vir aanbidding en vir voorbidding. Ons moet veral ook voorbidding doen vir vrede in ons land en vir die uitdra van die evangelieboodskap (Kolossense 4:2, 1 Timoteus 2:1-7). Ons moet alleen bid en saam met ander bid – ook oor kerk- en taal- en kultuurgrense heen. Ons moet bid wanneer ons opstaan en gaan slaap en deur die dag, wanneer ons reis of eet of werk of speel. Ons kan gerus hou by ’n vaste roetine en maniere vind om ons daarin te help.

Eintlik moet ons hele lewe ’n wandel in gebed wees. Ons gewone lewe staan nie los van gebed nie; ons gebedslewe spoel oor in ons gewone lewe in. Ons behoort al biddende te leef en te werk. Dan word ons werk, ons speel, ons eet en ons rus, ons liggame en ons verhoudings, ja ons hele lewe, ’n gebed tot God, ’n lewende offer aan God, ’n gebedsoffer wat soos ’n aangename geur God se hart bly maak. ©

In die eerste drie gebede gaan dit oor God. Heel eerste gaan dit om die heiliging en die eer van sy Naam. Dan gaan dit om die aanbreek van sy koningsheerskappy, in ons eie harte, in die van ander, maar ook in die wêreld rondom ons. Die derde bede gaan oor die luister na sy stem en die gehoorsame buig voor sy wil. Eintlik kan die drie bedes nie geskei word nie: waar ons gehoorsaam is aan sy wil, daar voer God heerskappy en word sy Naam geheilig. En tog leer ons in die volgende drie bedes om ook vir onsself en vir mekaar te bid. Ons word geleer om te bid vir ons daaglikse brood, vir die voorsiening in al ons behoeftes. In die volgende bede leer ons om ons skuld te bely en te vra vir vergiffenis – en sommer ook vir die krag om die genade en vergiffenis wat ons ontvang, weer met ander te deel. En dan leer ons om te bid vir die verlossing van die bose. Die bose, die magte en kragte wat ons elke dag bedreig en wil verlei, bly ’n werklikheid waarteen onsself, in eie krag, nie opgewasse is nie. Daarom leer ons om in gebed by Hom, wat reeds die wêreld oorwin het, te gaan skuil. In hierdie gebed leer ons ook om tot “ons” Vader te bid. Dit is veral ’n gebed wat ons saam met ander bid, saam as kinders van die een Vader. Ons leer om dit vir mekaar te bid.

Hoor en verhoor God ons gebede?

Is gebed dan nie maar net woorde die leë ruimte in nie? Hoor God regtig as ons bid? Natuurlik hoor God ons. Daarvan getuig die Skrif op soveel plekke. Hy luister nie na ons omdat ons dit verdien nie, of omdat ons belangrik is nie, of omdat ons op spesiale maniere bid nie of omdat ons baie is wat saam bid nie, nee, God luister omdat Jesus vir ons die weg gebaan het en Hy vir ons intree. Hy luister omdat ons in die Naam van ons Here Jesus na Hom toe kom. En omdat die Heilige Gees in ons en vir ons bid. Hy luister omdat Hy vir ons omgee en ons liefhet.

Verhoor God egter ook ons gebede? Doen Hy altyd wat ons vra en wanneer ons dit vra? Ja, Hy hoor nie net nie, maar verhoor ook altyd ons gebede. Hy antwoord altyd. Meestal gee Hy wat ons vra, selfs veel-veel meer as wat ons vra. Soms antwoord Hy egter anders as wat uister na manne en vroue wat met God praat, wat gebede tot God bid. Daarom het mense deur die eeue heen die Psalms gebruik as gebede, hulle het dit gesing en oordink en so leer bid. Die Psalms is die beste “skool vir gebed”, waar ons veral twee lesse kan leer oor hoe ons behoort te bid.

Die eerste les is: ons hoef nie ons beste voetjie voor te sit, asof ons eers vir God moet beïndruk voor Hy na ons luister nie. In die Psalms is daar mense wat huil by God, wat stoei met God, wat God selfs aankla. Hulle bring hulle vrees en angs na God, al hulle woede en verontregting. Ook hulle sonde en skuld word met berou voor sy voete neergelê, met die bede: Here, wees ons genadig, vergewe ons! By God kom doen hulle voorbidding vir die koning en tree hulle in vir die volk. Maar dan is daar ook mense wat voor God sing en dans, wat sy grootheid en goedheid besing of wat stil en tevrede tot ruste kom, soos ’n suigeling aan die bors van die moeder. In die Psalms kan ons onsself as offer na God toe bring, net soos ons is.

Die tweede les in die Psalms is dat ons deur gebed toegang verkry tot alles wat God is en al die rykdom wat Hy het – God se heiligheid, sy goedheid en geregtigheid, sy genade en seën, sy verlossing en liefde, beskerming en versorging. In die Psalms leer ons dat wanneer ons deur gebed in die teenwoordigheid van God kom, Hy sy gawes aan ons skenk, maar meer nog, Hy skenk homself aan ons, net soos Hy is.

Die “Ons Vader” gebed
Vir Jesus Christus het gebed in die sentrum van sy lewe en werk gestaan. Hy het dikwels tyd gemaak vir gebed. Hy bid vir ons. Tot vandag toe nog tree Hy voortdurend vir ons in, en vir sy kerk (Johannes 17, Hebreërs 4:16)

Toe die volgelinge van Jesus vra: “Here, leer ons bid” (Lukas 11:1) het Hy vir hulle die Ons Vader gebed geleer (vgl ook Matteus 6:9-13). Hierdie kort gebed, met soveel eenvoud, lei ons ’n dieper gebedslewe in. Dit leer ons veral dat gebed nie ’n poging is om met baie woorde, met groot vertoon of strategieë vir God te probeer dwing nie. En dit leer ons dat dit nie in die eerste plek om ons wil en behoeftes – ons “wenslysie” – gaan nie.

Gebed gebeur veral ook daar waar iemand alleen stil word, in die binnekamer, in die teenwoordigheid  van God.

Die wesenlike van Christelike gebed is dat dit  gerig word op God, die een en enigste God (Deuteronomium 6:4), die God wat Hom in die Ou Testament as die God van Abraham, Isak en Jakob aan ons bekendstel (Eksodus 3:14-15), en in die Nuwe Testament as die Vader van ons Here Jesus Christus. Wanneer ons tot ander gode of beelde bid, of probeer om deur ander middelaars soos voorouers wat reeds gesterf het of deur allerhande geeste, bonatuurlike kragte of heiliges te bid, kan dit nie meer as Christelike gebed beskou word nie.

God nooi ons uit om Hom direk te nader, waar  en wanneer ons ook al wil. Met ontsag, maar ook met vrymoedigheid, kan ons naderkom (Hebreërs 10:19-25), mag ons die allerheiligste binneruimte van God Drie-enig betree – God se arms staan oop om ons in liefde te omhels en gasvry te ontvang, tuis te laat kom in die liefdesgemeenskap van die Drie-enige God.

Wanneer ons bid, kom al drie persone in die Drie-eenheid in beweging, ons tegemoet. Dis ons hemelse Vader wat weet wat ons nodig het en dit vir ons kan en wil gee, wat ons uitnooi: “Bid en vir julle sal gegee word, soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word” (Lukas 11:9). Wanneer ons nader kom, doen ons dit in die naam van ons Here Jesus Christus. Self verdien ons dit nie om voor God te verskyn nie, maar Jesus het op grond van sy genade en verlossing vir ons die pad oopgemaak. Ons kan met vrymoedigheid naderkom, net soos ons is. En dieselfde Jesus, wat nou aan die regterhand van God se troon sit, tree vir ons in, Hy bid vir ons, Hy pleit vir ons by die Vader. En, dit is die Heilige Gees wat in ons bid, wat ons diepste versugtinge by God vertolk. Dit is die Gees wat ons help en leer hoe om te bid (Romeine 8:26-27).

Waar kan ons leer om te bid?
Die Psalms

In die grootste deel van die Bybel hoor ons hoe God met ons praat. Maar in die Psalmboek laat God ons Die manier waarop ons met Hom in verhouding tree
is deur gebed. Sonder gebed kan daar nie sprake van ’n verhouding wees nie. Sonder gebed bly ons geloof in God leeg, verstom ons liefde en bly ons dankbaar-heid ongesê.

God het ons as mense uniek gemaak. Net aan ons het Hy die geskenk van taal gegee. Daarmee skep God die moontlikheid vir ons om met Hom in gesprek te tree, gee Hy aan ons die vermoë om sy woorde te kan hoor en te verstaan en daarop te kan antwoord.

Dink net, ons kan God se Woord hoor, ons kan hoor as God roep, as Hy vermaan of troos en vir ons die weg wys! En as ons fyn luister, hoor ons oral die fluistering van die Gees van God. Ons kan God op verskillende maniere hoor praat en ons kan dan daarop antwoord. Dit doen ons deur gebed. Gebed is die taal waarin ons die diepste verlange en vreugde van ons hart en die vaste wete van ons verstand aan God bekend maak. So tree ons in gesprek en in verhouding tot God.

Deur gebed strek ons uit na bo en buite onsself. Gebed is veel meer as net ’n gesprek tussen mense of ’n binnegesprek in onsself. Gebed is niks anders as ons geloof in aksie nie. Dit is die asemhaling van ons geestelike lewe. Daarsonder kan ons nie lewe nie.

Hoe behoort ons te bid?

Daar is baie maniere van bid en elkeen daarvan kan opreg wees. Meestal word gebed in eenvoudige, respekvolle taal uitgespreek. Dikwels word dit egter uitgedruk in mooi gedigte, in liedere of grootse kunswerke. Sondae, wanneer ons saam “psalms, gesange en ander geestelike liedere” (Efesiërs 5:18-20, Kolossense 3:16) sing, is dit niks anders as gebede vol aanbidding, dank, lof, belydenis, smeking en toewyding nie.

Soms klink gebede op as die luide roepstem wanneer duisende mense saam in ’n stadion aanbid, meestal is dit maar net die stamelende woorde van ’n gebedsgroepie, iewers in ’n groot stad of ’n klein dorpie. Soms gaan gebed egter bokant ons gewone woorde uit, word dit net woordelose versugtinge.

Share this post