Dankie vir die Bybels

Burre vertel dat hy onlangs by iemand was waar hulle voer afgelewer het en hy kom toe agter dat die oom nie ‘n Bybel in die huis het nie … Sal dit nie lekker wees om by elke persoon by wie Anoeschka ‘n storie gaan ‘haal’ ‘n Bybel te los nie? Een kort e-pos na die Bybelgenootskap en dr Quintus Heine laat weet – ons gee vir julle Bybels – wat ‘n mooi projek! Baie dankie aan die Bybelgenootskap vir hierdie sielekos wat ons nou kan agterlaat waar Anoeschka haar draaie ry.

Share this post