Die Wapenrusting van God
Die Wapenrusting van God gaan oor hoe ons ons kan beskerm teen die bose dinge in die wêreld en die duiwel se aanslae, en om die goeie vrugte van ons nuwe lewens te beskerm. Die Here sê in sy Woord dat ons in die wêreld is, maar nie van die wêreld nie en daarom moet ons elke dag sy wapenrusting aantrek om ons te beskerm. Ons lees daarvan in Efesiërs 6:10-20. Hierdie wapenrustig is: die gordel van waarheid, die harnas van geregtigheid, die skoene van bereidheid om die evangelie van vrede te dring, die skild van geloof, die helm van verlossing en God se woord as swaard. Ons moet onthou om ons troepe (ons vriende) goed te kies, want ons het ondersteuning van mede-krygers nodig.
Die boek het inkleurblaaie van die storie, prentpassing, woordsoektog en ‘n sny-en-speel-aktiwiteit.
Die vyf Bybelboeke in die stel, in beide Afrikaans en Engels, bestaan uit:
1) Die Skepping / The Creation
2) Die Geboorte van Jesus / The Birth of Jesus
3) Jesus leef / Jesus is Alive
4) Die Vrug van die Gees / The Fruit of the Spirit
5) Die Wapenrusting van God / The Armour of God
Information
R25.00
55 in stock



