Agter die skerms – grepe uit die verlede

ISBN: 9781067256173
SKU: BARV070 Categories: , Tag:

Take a look inside

Agter die skerms – grepe uit die verlede deur Kobus Meiring is ’n insiggewende en persoonlike terugblik op die dramatiese laaste dekades van die vorige eeu toe Suid-Afrika uit isolasie getree het en op pad was na demokrasie. As adjunkminister van Buitelandse Sake bied Meiring ’n unieke blik op die diplomatieke en politieke draaipunte wat die land se toekoms gevorm het – van die Wynand du Toit-sage en Namibië se onafhanklikheid tot die ontbanning van die ANC en Nelson Mandela se vrylating.

Hy beskryf eerlik die interne verdeeldheid binne die Afrikanergemeenskap en die uitdagings van hervorming in ’n tyd van groot spanning en hoop. As laaste administrateur van Kaapland het hy self ’n rol gespeel in die afskaffing van diskriminerende wette soos strand-apartheid.

Met sy kenmerkende styl en historiese fyn aanvoeling bied Meiring ’n onontbeerlike blik agter die skerms van die onderhandelinge, mense en oomblikke wat Suid-Afrika se vreedsame oorgang moontlik gemaak het – en eindig met ’n roerende huldeblyk aan sy vrou, Bettie, sy lewenslange ondersteuner in diens van land en volk.

Information

R200,00

17 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Kobus Meiring

Kobus Meiring is in 1936 in die Paarl gebore en het op Stellenbosch grootgeword.  Hy matrikuleer aan die Paul Roos Gimnasium in 1952 en verwerf die grade B.Comm. en LL.B. aan die Universiteit van Stellenbosch in 1957. Na ’n suksesvolle loopbaan in die privaatsektor by Trust Bank in Kaapstad en by die KWV en Sasko in die Paarl, tree hy toe tot die politieke toneel. Gedurende die volgende 25 jaar beklee hy verskeie posisies, onder andere as lid van die Provinsiale Raad van die destydse Kaapprovinsie, as lid van die Volksraad, en as adjunkminister van Buitelandse Sake. Daarna was hy die veertiende en laaste administrateur van Kaapland, en ná 1994 dien hy onder andere as minister van Finansies van die Wes-Kaap in die nuwe bedeling. Gedurende sy politieke loopbaan beleef hy eerstehands die dramatiese aanpassings van die laaste dekades van die vorige eeu. In hierdie terugblik vertel hy van sy ervarings van die gebeure wat gelei het tot die nuwe Suid-Afrika, en van die interessante mense met wie hy te doen gekry het.

Pages

180

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 10.5

Weight

270g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop