My hart se baie punte
ISBN: 9781776160914
Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak.
Met My hart se baie punte vang Lizette doodgewone momente in haar lewe in woorde vas. Sy put uit die bekende: haar saamleef met haar geliefdes, haar kinders, haar kleinkinders en ander kosbare mense wat haar pad kruis.
Lizette raak jou keer op keer diep aan met haar lewenswysheid, haar fyn insig in die harte van ander, haar geloof, haar liefde vir mense en die besonderse manier waarop sy die wĂŞreld waarneem en dan in woorde weergee.
Mag hierdie bundel skryfwerk jou vars en nuut laat kyk, soos ’n kind. Sodat jy jou kan verlustig in die klein dingetjies, en met eenvoud na die lewe kan kyk.
Information
R110,00
6 in stock



