Roetemerkers

ISBN: 9781776160310
SKU: BM0145 Categories: , Tag:

Roetemerkers op ons lewenspad kan vir ons baie sinvol wees tydens die oorgange in ons lewe.
Hierdie oorgange kan met die metafoor van ’n brug beter verduidelik word. Jy beweeg weg van die bekende oewer, stap tot op die brug as ’n tussenin-fase en stap dan anderkant die brug af tot in die onbekende. Om oor ’n brug te stap kan opwindend én vreesaanjaend wees. Jy voel egter veiliger as daar ’n reling is om aan vas te hou.

Oorgangsrituele is sulke relings.
Roetemerkers wil gemeentes en lidmate help om sinvolle roetemerkers te ontwerp en te gebruik. Die fokus van hierdie boek val veral op roetemerkers vir jongmense. Dit sluit in om graad 1 toe te gaan, van skool te verwissel, ’n verbintenis aan God te maak, die skool te verlaat, asook algemene “eerste” en “laaste” oorgange.
By elk van die roetemerkers word daar ’n kort verduideliking van die oorgang gegee, asook ’n liturgie wat tydens ’n erediens gebruik kan word.
Ons hoop is dat hierdie boek die gesprek rondom roetemerkers sal vergemaklik en kreatiwiteit sal stimuleer.

Information

R60,00

7 in stock

0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop