Handelinge 13 – 28 Ons is diep gewortel

ISBN: 9780864879110
SKU: BM0140 Categories: , Tag:

In die tweede deel van die boek Handelinge wil Lukas steeds vir die gemeente in Efese wys dat hulle van ver af kom en dat hulle diep gewortel is. Met die eerste oogopslag lyk dit of Paulus die sentrale figuur in hierdie vertelling is. Op ʼn verskuilde manier wys Lukas egter vir ons dat God die Een is wat hier aan die werk is. Paulus is maar net ʼn instrument in God se hand.

As in­stru­ment van die koninkryk loop Paulus dieselfde pad as Jesus. Die gemeente wat uit sy werk ontstaan het, hoef nie skaam te wees omdat Paulus nie, soos die ander apostels, vir Jesus voor die kruisiging geken het nie. Sy verhaal laat hulle sien hoe God, ten spyte van ons swakhede, sy doel bereik. Lukas gebruik vir Paulus, wat nog altyd ’n fanatiese werker vir God se saak was, om die voortsetting van God se pad met mense aan te wys. Die Christen­dom is nie iets nuuts nie; dit is die God van die aarts­vaders wat met sy mense voortgaan. Lees saam en ontdek waarheen dit ons vandag neem. 

Information

R160,00

7 in stock

0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop