Die nuwe lewe vir volgelinge van Christus

ISBN: 9781868045303
SKU: VAF143 Categories: , Tag:

Take a look inside

Hierdie boek is die vertaling en verwerking van Andrew Murray se boek The New Life: Words of God for Young Disciples of Christ (1885). Soos mens uit die titel kan aflei, is die boek oorspronklik bedoel vir “jong gelowiges” – met ander woorde mense wat onlangs tot geloof gekom het. Maar in werklikheid is die boek waardevol vir almal wat na verdieping in hulle geloofslewe verlang. Op ‘n helder manier verduidelik dit hoe ons kinders van God word; wat geloof is; watter rol die Woord of gebed in ons geloofslewe speel; wat geloofsoorgawe, -versekering, en -onderkeiding behels; hoe ons in intieme verhouding tot die Vader, die Seun en die Gees kan lewe; ons roeping as getuies, ens. Hoewel die boek byna 140 jaar gelede geskryf is, is dit vir vandag nog net so relevant. Dit is immers geskrywe deur die bekende en geliefde dr Andrew Murray, wie se meer as 200 boeke vandag steeds wêreldwyd, in ‘n groot verskeidenheid tale, uitgegee en ywerig gelees en bestudeer word. Jy hoor Murray se stem in hierdie boek, jy leer ken sy teologie, jy word bewus van sy diepe geestelike wysheid, jy voel sy passie en liefde aan. Hierdie boek is opgedeel in 52 hoofstukke. Elke hoofstuk bevat drie kort, insiggewende dagstukkies met ‘n gebed. Oud en jonk sal Leon Venter se verwerking van Murray se boek geniet en daarby baat vind. Die boek is in hedendaagse Afrikaans geskryf en op ‘n gebruikersvriendelike manier aangebied.

Information

R300,00

15 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Dr Leon Venter
Dr Leon Venter is op 8 November 1959 gebore. Hy gaan skool te Hopetown waar hy as jong gelowige sy eerste kennismaking met Andrew Murray se Bybelse insigte gehad het. Na skool studeer hy teologie en filosofie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy was leraar van die NG Gemeentes Sonstraal en Parowvallei-Oos. Hy was Hoof Uitvoerende Beampte van Bybelmedia tot April 2020 en is sedertdien leraar van die NG Gemeente Graafwater. In 2021 voltooi hy sy PhD tesis met die titel  Leadership, A transformative dance aan die Radboud Universiteit, Nijmegen. Hy is getroud met Renda en het twee seuns. Hy is passievol oor dissipelskap en navolging van Christus, geloofsgroei, spiritualiteit, transformerende leierskap, en ons Christene se roeping in die gedeelde toekoms van Suid Afrika.

Pages

256

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

229 x 152 x 14,6

Weight

380g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop