Missionale Musiekmelodie
Take a look inside
Karien Pretorius se nuwe boek Missionale Muskiekmelodie – musiek dra ‘n boodskap, is ‘n uiters relevante en tydige publikasie. Daar word baie boeke publiseer oor prediking en die liturgie van die erediens, maar min oor spesifiek musiek en sang … terwyl dit juis so ‘n belangrike element van die erediens is. Vir Karien gaan dit nie net om die vraag of mens net moet bly by tradisionele liedere begelei met tradisionele instrumente en of mens ook meer kontemporêre sang en begeleiding kan oorweeg nie. Sy dink eerder na oor watter boodskap die musiek dra. Hoe help dit die gemeente om ‘n missionale gemeente te wees, oop vir en gerig op die hedendaagse wêreld? Hoe help die musiek ons in ons aanbidding van God, en hoe bedien ons mekaar met die liedere wat ons saam sing? Vanuit haar bewese kundigheid en groot ervaring gee sy ook praktiese en handige wenke vir ‘n musiekbediening in ‘n gemeente en die boek bevat ‘n aantal liedere wat sy self geskryf het. Die boek is ‘n moet vir almal wat by gemeentes se musiekbediening betrokke is.
Information
R220,00
17 in stock



