Saam in God se Teater

ISBN: 9781868044955
SKU: VAF135 Categories: , Tag:

Take a look inside

Prof Ian Nell se boek, “Saam in God se Teater” – Praktiese Teologie in Afrika konteks open ‘n nuwe hoofstuk in Praktiese Teologie. Dit benader dié belangrike dissipline vanuit die (Suid) Afrikaanse konteks. Dit neem die geloofspraktyke van die Afrika Onafhanklike (Geïnisieerde) Kerke ernstig, terwyl dit gelykertyd ook in verband gebring word met die hoofstroomkerke en tradisionele dissipline van Praktiese Teologie. Op kreatiewe wyse ontwikkel Nel hier ‘n Theo-dramatiese benadering tot Praktiese Teologie Praktiese Teologie word definieer as die strewe na “faith seeking understanding”: ’n Belangrike aanname waarmee geloof werk, is daarom die teenwoordigheid en aanspraak van die A(a)nder, naamlik God en ander mense, op jou lewe het. Ons praat van die sogenaamde praesentia Dei. Hierdie boek is uitstekend geskryf en word aantreklik aangebied. Dit word sterk aanbeveel vir teologiese studente, leraars, vakkundiges en dit kan handig te pas kom in instansies vir teologiese onderrig reg oor Afrika en selfs wêreldwyd.

Information

Ook beskikbaar in Engels en isiXhosa

R290,00

29 in stock

=

Author Information

=

Additional Product Information

Ian Alfonso Nell
Ian matrikuleer aan die Hoër Volkskool, Potchefstroom in 1979. Studeer daarna aan die Noordwes Universiteit en behaal die grade BA en BA Honns (Grieks). Studeer verder aan die Universiteit van die Vrystaat en behaal die grade MA (Grieks), BTh en MTh (Nuwe Testament). Hy voltooi sy doktorale studie in 1996 aan die Universiteit van Pretoria en werk oor vormgewing in die prediking onder leiding van Prof. Cas Vos. Na sy studies doen hy diensplig as Lugmagkapelaan te Bloemspruit Lugmagbasis. In 1990 is hy na Suidkus-gemeente in Amanzimtoti beroep en in 1997 na Sonstraal-gemeente in Durbanville. Hy begin op 1 Julie 2007 by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch as Senior Lektor in Praktiese Teologie en Missiologie binne die spesifieke vakgebied: Bedieningspraktyk. Op 1 Julie 2012 is hy tot mede-professor en op 1 Julie 2016 tot vol professor bevorder en is onder andere die program koördineerder van die professionele M Div-graad en die Nagraadse Diploma in kerklike bediening. Hy is ook die akademiese koördineerder van ’n Meestersgraad in missionale leierskap. Hy is veral geïnteresseerd in leierskapsvorming en -onderrig by jongmense en volwassenes, in die bedieningspraktyke van geloofsgemeenskappe (gemeentes) en die rol van die kerk in die samelewing. Publikasies: Redakteur van twee uitgawes (1990, 2000) van die Bybel dagboek, Seisoene van God se jaar, Outeur van Ons ware ID is Jesus (2000) en Blydskap wat bly (2004). Mederedakteur van Nuwe Testament visies op die kerk en Kruisgewys Boekklub. Hy lewer verskeie bydraes in Woord teen die Lig, en Omdat ons klein is (2002), almal Lux Verbi-BM publikasies en verskeie artikels in wetenskaplike en populêre tydskrifte. Saam met Ockert Meyer en Robert Vosloo is hy ook medeskrywer van God se antwoord is ‘n vraag (2004), Lux Verbi-BM. Sedert sy skuif na die akademie het hy reeds 50 artikels in geakkrediteerde vakwetenskaplike tydskrifte en 15 hoofstukke in boeke gepubliseer en is deel van verskeie nasionale en internasionale vakwetenskaplike werkgemeenskappe. Sy nuutste publikasie is “Together in God’s theatre”: Practical Theology in an African context (2020). Ian is getroud met Judy, ‘n fisioterapeut, werksaam by Jan Kriel Skool in Kuilsrivier en hulle het twee kinders: Elzette wat ‘n bedryfsielkundige is by die Pep-groep en Guillaume wat ‘n stad- en streeksbeplanner is by die stad Kaapstad.

Pages

180

Cover

Soft Cover
0

Size (Length x Width x Depth)

226 x 148 x 11,5

Weight

275g
0
0
Your Cart
Your cart is emptyReturn to Shop